Janet Kieswetter

Erich Posthumus is alom bekend vir sy voltydse kinderbediening in ons land! Kinders het al saam hom gesing, gedans, gelag vir sy snaakse stemme en grappige geluide, maar ook diep hartsbesluite gemaak om Jesus te volg. Nou het hy saam met Adriana Muller en haar gesin gewerk aan ‘n fenomenale produk wat leer lees ‘n fees maak! Toe Erich hierdie produk in my hand sit, het ek sommer geweet: hierdie gaan ‘n kwaliteit produk wees! En dit het my verwagtinge oorskry! My tweeling (nou 3 en ‘n half) het op my skoot kom sit en al 3 die episodes van ‘Arrie soek sy maats’ saam met my geluister. Hulle aandag was heeltyd op die storie! Hulle wou nie hê dit moes ophou nie. Ek sou dit aanbeveel vir kleuters en voorskoolse kindertjies as inleiding tot klankies. Hoe meer hulle klankies hoor, hoe makliker gaan hulle later leer lees! My 6-jarige het gevra of sy bietjie daarna kan luister en na geselsies besef ek sy geniet die storie vreeslik baie! Die klank van die CDs is ongelooflik goed. Musiek, liedjies, stemme van ouers en kinders en byklanke wat help om jouself in die storie in te leef! Dis regtig top gehalte kwaliteit en die prys verseker werd!

Volledige Resensie

Nadine Blom

Wie onthou vir “Norman” van Supercool vir Jesus? Erich Posthumus se nuutste projek, “Klankland”, maak my baie BAIE opgewonde. Dit leer ons kinders om weer te luister, ‘n vaardigheid wat IPads, slimfone en tv’s by ons kinders kelder. Hierdie video begin met ‘n klankgreep van “Klankland” en word opgevolg met ‘n kort video waar Erich jou meer vertel oor die belangrikheid van luister en klankvaardighede vir jou kind. Hy vertel ook waar jy dit kan bestel. 💟💟💟#klankland #speelsaam #luisterislekker #storietyd

Wilmien Davis

EK het die eerste weergawe gebruik vir my kinders as tweede taal. My seun wat niks wou weet van Afrikaans nie, kon nie wag om die volgende storie te hoor nie. Nou geniet hy al om in Afrikaans te praat en het homself leer Afrikaans lees !!!

© Kopiereg | pryse is intensioneel van so aard dat pakket nie onwettig versprei / kopieer word nie

“om kinders te leer lees was nog nooit so maklik en lekker nie, dit is luister-pret vir die hele gesin!”

Klankland is ‘n leer-lees program, wat die beginsels om kinders te leer lees, omskakel in 18 interaktiewe kinder-radioteater stories.

Klankland-stories sit die volgende drie sleutels (of beginsels) in ouers se hande om hul kind se leespotensiaal mee te ontsluit:

  • Hart: deur Klankland stories saam met jou kind te luister sal jy jou kind lief maak vir lees! ‘n Kind wat ‘n liefde vir lees ontdek het, sal nooit ophou lees nie en sal daarom nooit ophou leer nie.
  • Ore: navorsing toon aan dat hoe meer kinders aan die verskillende alfabet-klanke blootgestel word voordat hulle begin lees, hoe makliker en vinniger leer hulle lees. Die interaktiewe Klankland-stories stel kinders bekend aan die alfabet klanke asook ander lees-strategieë byvoorbeeld dekodering en sintetisering.
  • Leesbegrip: die hoofdoel van lees is nie lees self nie, maar om te verstaan wat jy gelees het. Slegs dan het leer plaasgevind. Die ouerhandleiding sluit woordeskat asook begrips- vrae in vir elke episode, om begrip te verseker.

Al hierdie beginsels word vanaf episode 1, regdeur die hele reeks, toegepas om u kind maklik te leer lees asook ‘n lewenslange leser te maak.

Carli se oupa gee vir haar ‘n boek. Dit is nie ‘n gewone boek nie, maar ‘n boek waarmee jy in ‘n ander land kan gaan kuier. Klankland! Wanneer Pappa en Carli die klankland-liedjie sing vlieg hulle deur die bladsye van die boek tot in Klankland! Carli geniet dit baie in Klankland. Sy leer lees en maak sommer ‘n klomp nuwe maats.

Maar dit is nie altyd maklik om in Klankland te kuier nie. Daar is ook ‘n kwaai koning, ‘n gierige gemsbok, Jannie jok en die BOELIES. Dan is daar ook nog die reëls…

Pappa en Carli kan net na hulle huis toe terugkeer as hulle al die reëls van die boek nakom…

Maats, luister die stories saam om uit te vind watter avonture Carli alles gaan beleef in die land waar leer-lees ‘n fees is!

Elke storie bestaan uit 3 of 4 episodes. Luister gerus die volgende twee episodes om ‘n voorsmakie te kry.

© Kopiereg | pryse is intensioneel van so aard dat pakket nie onwettig versprei / kopieer word nie

Gelukkige, gesonde gesinne maak intensionele besluite, soos hoe om hul tyd reg te spandeer.

Om nie toe te laat dat die dringende goed, soos werk, skool, telefoon ens. jou so besig hou dat jy nie by die belangrike goed uitkom nie.

Tog is dit die belangrike dinge wat die grootste positiewe verskil in ons gemoed bring en sin en betekenis aan die lewe gee. Belangrike dinge soos gesinstyd, beplanning, gebed, bybel lees, nadenke ens.

Klankland is nie net geskryf om ouers toe te rus om by die dringende goed (om jou kind te leer lees) uit te kom nie, maar ook by die belangrike goed. (om tyd saam as gesin en tyd saam met God te spandeer)

Klankland is geskryf om kinders te leer lees, maar die hele gesin kan saam luister en groei. Dit is luistergenot vir die hele gesin! Daar word saam gelag, saam gepraat, saam planne beraam en saam gewonder wat volgende gaan gebeur.

Dit is taalverrykend, propvol liedjies, lewenslesse, en praktiese raad vir hedendaagse probleme waarmee kinders en selfs grootmense worstel. En dit alles is opbouend en bybels gefundeerd! En dit terwyl jy jou kind leer lees!

Ons wens vir u en u gesin is dat Klanklandstories nie net u kinders sal leer lees nie, maar ook ‘n roetine sal skep waar ouers en kinders tyd sal maak om die TV af te sit en by mekaar en by God se hart uit te kom.

Johann Els (Radio Kansel) gesels met Adriana Muller oor Klankland, ‘n nuwe Afrikaanse Christelike kinder leer-leesprogram, wat uit haar hart gebore is. Sy werk saam met Erich Posthumus om met ‘n storie en drama aanslag, nie net kinders te leer lees nie, maar hulle ook van Jesus te vertel.

Proudly designed by Bunnypants Graphic & Web Design Studio | 2020

error: Content is protected !!